Department mourns passing of Archie September

Posted by Johan Fourie on 2021-01-19

Archie September, retired departmental officer of the Economics department, passed away quietly at home with his wife and children present on Monday, 11 January, after his health deteriorated over time. He was 74 years old.

Archie joined the department in 1971 and after 41 years of loyal service retired in 2012. He was much loved by colleagues and students alike and made an indelible impression on all he came into contact with.

Archie was extremely loyal to the department and his work ethic at the highest level. He was well-known throughout the university and maintained excellent personal relationships. These qualities enabled him to find a solution to almost any problem posed to him by Economics staff members. Colleagues in the department always reminded each other that if Archie couldn’t get something done, it couldn’t be done at the US.

Archie is survived by his wife, Katrina, five children (Wayne, Lizzie, Ursula, Colene & Sylvia), eight grandchildren and two great-grandchildren.

Click on the link below to read some memories of Archie shared by members of the department's staff.

 

Colin McCarthy skryf:

Ek en Archie het in Januarie 1971 saam by die Departement begin werk. Oor die dekades heen het ons ‘n uitstekende verhouding opgebou en het ek Archie leer ken as pligsgetrou, hardwerkend, lojaal en die Departement se beste ambassadeur denkbaar. Hy was onder andere baas van die kopieermasjien en toe ons nog van getikte wasvelle afhanklik was, kon net hy die temperamentele afrolmasjien na behore laat werk. Hy het ook dikwels studente oor probleme in hulle optrede aangespreek en wat ek kon waarneem, is hy met gesag aangehoor.

Sy kennis- en vriendekring op die kampus, studente ingesluit, was groot en soms kon mens vermoed dat hy een van die Departement se bekendste persoonlikhede was, miskien net ‘n kortkop agter Sampie Terreblanche.

Buite die Universiteit het Archie ook sy merk gemaak. Hy was ‘n vurige lid van die Arbeidersparty en ‘n groot ondersteuner van sy leier, mnr. David Currie. As ‘n lid van sy party het hy sy gemeenskap in die dorpsbestuur verteenwoordig en goed gedien.

Dis werklik jammer dat ons nie behoorlik van Archie kan afskeid neem nie. Ons gedagtes is by sy gesin, en hulle kan weet dat Archie in ons herinneringe sal voortleef.

 

Estian Calitz skryf:

Archie was bekend sy lojaliteit teenoor die Ekonomie Departement. Hy sou sommer studente berispe wanneer hulle nie notas kom afhaal het wat tydens ‘n lesingsessie uitgedeel was nie. Wanneer hulle dit agterna kom vra, sou hy hulle aanspreek oor hulle nie klas bywoon nie met woorde soos: weet julle hoeveel ure jul dosent spandeer om voor te berei vir die lesing wat julle so maklik misloop! Hy was ook bekend vir sy humor en sy uitgesprokenheid, sonder aansiens des persoons. By geleentheid van ‘n toespraak deur Tito Mboweni, toe hy President van die Suid -Afrikaanse Reserwebank was, was daar ‘n geselligheid waar studente en dosente informeel verkeer het. Ek kom toe af op ‘n kringetjie waar studente en Archie met hom in gesprek is. Mboweni is ‘n forelhengelaar en meld toe dat hy graag nog in Jonkershoek wil kom hengel. Iemand vertel hom toe dat hy gerus ook die berge kan uitstap vir pragtige uitsigte. Ja, voeg Archie blitsvinnig by, en as jy anderkant afstap, vat sommer die rentekoers ook saam met jou af!

 

Ada Jansen skryf:

Ek het in 2004 by die Departement Ekonomie, Universiteit van Stellenbosch, aangesluit en het die geleentheid gehad om vir etlike jare saam met Archie te werk. Wat ‘n voorreg en leergeleentheid! Ek beskou myself as pligsgetrou met ‘n hoë werksetiek, maar ek kan beslis noem dat Archie my soveel lesse geleer het hieroor. Ek het sy toegewydheid tot sy take en die departement bewonder - geen taak was ooit te klein of te groot om te voltooi nie. Hy het met vriendelikheid en volle oorgawe saam met die personeel, studente en die wyer universiteitsgemeenskap gewerk. Daar was altyd ʼn glimlag en dan ook ʼn lekker storie van Archie se kant. Ek onthou ook Archie het nie geskroom om te noem as iets nie pluis was nie – van die studente wat notas laat kom afhaal het, of nie klas bygewoon het nie – hy het hulle daarop gewys watter groot geleentheid hul ouers hul bied om verder te studeer. Hy het my ook selfs uit my kantoor gesluit om my die les te leer dat ek altyd my deur gesluit moet hou. En dan was Archie natuurlik ook een van die mees toegwyde gesinsmense wat ek al ontmoet het. Hy het pligsgetrou elke week inkopies gaan doen (met sy fiets dorp toe) en was altyd bereid om winskopies met ons te deel. Hy het geleef vir sy gesin. Ek beskou dit as ʼn groot voorreg dat ek Archie leer ken het en met hom kon saamwerk. Ek wens sy gesin, familie en vriende my innige medelye toe, en baie sterkte.

Met heimweë aan een van ons departement se pilare.

 

Rachel Jafta writes:

When I joined the department, I was told that if I am ever stuck with anything, Archie is the ‘go-to’ person. And so it was. Over the years, Archie has gone beyond the call of duty for all of us. In the days before online payments, on many an occasion when I was abroad, Archie would check with the municipality that my account was paid, in case I forgot. I also think that Archie was the best example of the ideal consumer as represented in the demand curve: he always compared prices and happily shared information on bargains with everyone on his path. He will always be remembered for his valuable contributions, his loyalty and his wisdom.

 

Sophia du Plessis skryf:

My hart is seer oor Archie nie meer hier by ons is nie, maar ek dink aan hom met ‘n glimlag. Ek het Archie so ‘n maand gelede in Vergelegen besoek, waar ek kon sien hy kry baie swaar. Ek heg ‘n foto van Augustus 2018 aan, toe hy in Spescare was en ons nog lekker kon gesels.

Ek was voorgraads toe ek Mnr September van Ekonomie leer ken het en was verseker ‘n bietjie bang hom – hy het met ons geraas as ons notas weggeraak het en ons na die tyd by hom in sy kantoor moes gaan haal. As nagraadse student het ek besef sy spreekwoordelike blaf is erger as sy byt – dat hy agteroor buig om studente te help. Na my honeurs het ek by die Departement begin werk en hom as kollega leer ken.

Enkele dinge wat ek van Archie onthou:

-Die plesier wat dit was om soveel jaar saam met hom te werk - punte op te tel, boeke te sorteer, lokale oopsluit vir toetse, ens.

-Archie het soggens vroeg ingekom, so teen die tyd dat ek op kantoor kom, was daar stapels toets- en eksamenboeke waarmee hy reeds klaar was

-Hoe ons skouer aan skouer gewerk het om punte betyds klaar te kry sodat hy dit op die voordeur kon gaan plak

-Hoe hy nooit lelik van kollegas gepraat het nie, maar graag vertel het hoe Prof Sampie en Colin McCarthy hom gehelp het om sy eerste huis te finansier

-Hoe hy sy tyd in Frankryk geniet het en ook kuiers by Suurbraak

-Hoe hy sy tyd op die stadsraad geniet het maar ook dat dit vir hom ‘n saak van erns was

-Toe ek aan my PhD gewerk het, het Archie vir my boeke by die biblioteek gaan soek, uitgeneem en later weer teruggedra (‘n vriendskapsgebaar wat vir my ongelooflik baie beteken het)

-Sy bos sleutels (soos op die foto wat ek aanheg – geneem waar hy in die teekamer speel met my oudste seun in 2001)

-Hoe hy altyd geweet het waar om goedkoop tee en melk te koop

-Hoe hy met Katrina se melkterte notas vinniger deur die US drukkery kon kry

Geen taak was ooit te veel moeite vir Archie nie – sy werksywer ongeewenaar.

Ek groet jou Arch. Ek sal jou nooit vergeet nie.

 

Johan Fourie skryf:

Archie was iemand wat die lewe vir die mense rondom hom beter gemaak het. In die departement, waar ek hom leer ken het, was hy altyd gewillig om sy tyd op te offer en te help sodat sy kollegas se werkslading minder was. Hy was ‘n steunpilaar vir baie van ons – ‘n belangrike as waar rondom als in die departement gedraai het. Maar Archie was nie net ‘n harde werker nie: hy was ook ‘n lekker mens. Ons het baie saam gelag, van hogere politieke kwessies  tot studente se mannewales. Ek het elke Desember baie kilogram opgetel omdat Archie altyd die lekkerste koekies kom smous het. Hy sal ‘n groot gees vir baie van ons bly. Ons dink aan sy familie en vriende in wat boonop ‘n baie moeilike tyd is vir ons gemeenskap en land.

 

Monique Reid writes:

It was a great privilege to work with Archie. His office was near mine for a number of years and his typically positive, warm greeting each day was one I looked forward to.

He contributed positively to the sense of belonging in the dept which we as a dept value so deeply.

He once told me he was born in a hospital that was on the land where the Schumann building is currently standing…. I never checked whether he meant this literally, but I can confirm that he knew so much about both the formal and informal processes on campus that the idea that he was born on that very piece of land is one I just choose to believe. 

 

Carina Smit skryf

Dit is verskriklike hartseer nuus oor Archie en ek gaan hom baie mis. Kort nadat die "lockdown" regulasies toegelaat het dat ons buite mag oefen, het ek een oggend vroeg verby Archie se huis gestap en vir Katrina in die tuin gekry. Ek het toe lekker met Archie sommer so deur die kamervenster gesels. Dit was ons laaste gesels - min het ek dit geweet. Ek sal nooit Archie se vriendelikheid en onbaatsugtige bereidwilligheid om almal te help vergeet nie. Hy het eenvoudig nie die woord "nee" geken nie (behalwe dat studente wat klas gebank het baie moeilik sy arm gedraai het om notas by hom te kry wat in die klas uitgedeel is). Ek sal nooit vergeet in my Honneursjaar toe ek klasverteenwoordiger was nie, hoe Archie my gehelp het om vleis en wors teen 'n spesiale prys by die slagtery te kry vir ons personeel- en nagraadse funksie. Blykbaar het hy vir die slagter gesê die vleis en wors is vir die kerk (en so 'n baie goeie prys vir ons beding). Archie was ook 'n bobaas braaier en ons het altyd so lekker gesels en saamgekuier. Rus sag, Archie. Baie dankie vir alles wat jy altyd vir ons gedoen het. Ons gaan jou oneindig baie mis. 

Login

(for staff & registered students)



Need a password?
Forgot your password?

Upcoming Seminars

No seminars are currently listed. Please check back soon.
 
More...

BER Weekly

19 Apr 2024
There was good news for global growth this week – with China's Q1 GDP beating expectations (see international section) and the IMF lifting its global growth forecast for 2024 once more. SA economic data releases, however, were mixed, with a welcome downtick in CPI inflation but relatively poor internal trade data. Most of the world’s economic policymakers...

Read the full issue
 

Upcoming Seminars

No seminars are currently listed. Please check back soon.
 
More...

BER Weekly

19 Apr 2024
There was good news for global growth this week – with China's Q1 GDP beating expectations (see international section) and the IMF lifting its global growth forecast for 2024 once more. SA economic data releases, however, were mixed, with a welcome downtick in CPI inflation but relatively poor internal trade data. Most of the world’s economic policymakers...

Read the full issue