{"id":810,"date":"2018-04-30T12:06:03","date_gmt":"2018-04-30T12:06:03","guid":{"rendered":"https:\/\/www.ekon.sun.ac.za\/sampieterreblanche\/?p=810"},"modified":"2018-04-30T12:10:12","modified_gmt":"2018-04-30T12:10:12","slug":"lewenskets-oor-my-pa-deur-sampie-terreblanche-jnr","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/www.ekon.sun.ac.za\/sampieterreblanche\/index.php\/lewenskets-oor-my-pa-deur-sampie-terreblanche-jnr\/","title":{"rendered":"Lewenskets oor my Pa ( deur Sampie Terreblanche jnr)"},"content":{"rendered":"<p><strong>25 Februarie 2018, Endlersaal in Stellenbosch<\/strong><\/p>\n<p>Liewe familie en vriende van ons gesin, oudstudente en oudkollegas van my Pa, belangstellendes,<\/p>\n<p>Ons Pa is op 17 April 1933 in Edenville \u2013 40 km noord van Kroonstad \u2013 gebore.\u00a0 Sy Pa, Oupa Sam Terreblanche, was \u2019n veeboer wat op die plaas Tweespruit by Edenville geboer het.<\/p>\n<p>Ons Pa het grootgeword in \u2019n Vrystaatse huisgesin met wortels in die Kaap-kolonie.\u00a0 Al twee sy ouers het uit die omgewing van Mosselbaai gekom, waar die Terreblanche-voorgeslag in die voorafgaande 200 jaar geboer het.\u00a0 Teen die agtergrond van sy familie se geskiedenis in die Kaap het my pa dikwels geskerts dat sy lojaliteit teenoor WP-rugby, geen verraad impliseer nie.<\/p>\n<p>Die Terreblanche-gesin van Tweespruit was \u2019n groot gesin van ses kinders wat uit \u2019n dogter gevolg deur vyf seuns bestaan het. Ons pa was derde jongste kind en die middelste van die vyf broers.<\/p>\n<p>In my pa se eie gesin word hy oorleef deur sy twee jonger broers, Oom Pieter en Oom Mof Terreblanche. Oom Pieter is \u2018n afgetrede boer by Edenville. Oom Mof is \u2018n sake-man in Stellenbosch.<\/p>\n<p>Ons pa het sy skoolopleiding in Edenville ontvang en in 1951 vir \u2019n B.A.-regtegraad aan die Universiteit Stellenbosch ingeskryf. In die loop van sy voorgraadse studies het sy belangstelling na ekonomie verskuif, wat hy aanvanklik as keusevak geneem het.<\/p>\n<p>Ons pa se studentejare sou die verloop van sy lewe uiteindelik onherroeplik met Stellebosch, die Boland en die universit\u00eare lewe verbind.\u00a0 Aanvanklik was die aanpassing aan die duskant van die Heksrivierberge nie maklik nie. Hy was net 17 jaar oud toe hy hier aangekom het. My pa het soms vertel dat predikate-dag aan die einde van sy eerstejaar in 1951 een van die belangrikste datums van sy lewe was.\u00a0 Vir \u2019n groot deel van sy eerstejaar het hy maagpyn gekry soos wat hy verlang het na sy ma se plaaskos en die reuk wat uit die grond opstyg n\u00e1 \u2019n Vrystaatse donderstorm. Maar teen die einde van sy eerstejaar het hy \u2019n hele paar onderskeidings gekry en daarna was hy vol vertroue dat hy die uitdagting van sy studies die hoof sal kan bied.<\/p>\n<p>Die laat vyftigerjare was vir ons Pa \u2019n gebeurtenisvolle tyd:<\/p>\n<p>In 1957 behaal hy \u2019n M-graad in ekonomie met onderskeiding aan die Univesiteit Stellenbosch en aanvaar hy \u2019n aanstelling as dosent in ekonomie aan die Universiteit van die Vrystaat. In Februarie 1958 sterf sy pa, Sam, aan maagkanker toe Pa-Sampie 24 jaar oud was.<\/p>\n<p>Die vyftigerjare was ook die tyd waarin ons ouers mekaar leer ken het. In Oktober 1955 het ons pa en ma mekaar op \u2018n BTK-staptoer ontmoet. Ons ma, Ina Smuts, het van \u2019n wynplaas buite Stellenbosch gekom en het op Stellenbosch onderwys studeer. Ons ouers trou op 27 Desember 1958 in Stellenbosch en woon vir agt jaar in Bloemfontein, waar die jong gesin sy beslag gekry het.<\/p>\n<p>In 1963 behaal ons pa \u2019n doktorsgraad in ekonomie aan die Universiteit Stellenbosch. \u00a0Aan die begin van 1965 aanvaar hy \u2019n aanstelling as senior lektor in ekonomie aan die Universiteit Stellenbosch. In 1968 word hy tot professor bevorder. Vir sy luisterryke loopbaan is ons Pa vereer met drie eredoktorsgrade \u2013 van die Universiteit van die Vrystaat (in 2005), die Universiteit van Pretoria (in 2013) en die Universiteit Stellenbosch (in 2015).<\/p>\n<p>Vir die lewe wat ons ouers moontlik gemaak het, is ek en my susters innig dankbaar. Ons het in Januarie 1965 by Rowanstraat 8 ingetrek, wat die laaste 53 jaar ons familiehuis was.<\/p>\n<p>Ek bring graag hulde aan ons ma, Ina, wat ons 18 maande gelede ontval het, vir haar leeue-aandeel in Pa Sampie se merkwaardige lewe en loopbaan. Tydens ons ouers se huwelik van 58 jaar, het ons ma vir die gesin \u2019n tuiste geskep \u00a0en \u2019n atmosfeer van rustigheid binne die haastige en kreatiewe huishouding verseker. Albei ons ouers het die geselskap van jong mense geniet en moeite gedoen om ons as kinders se vriende vinnig deel van die huishouding te laat voel.<\/p>\n<p>As \u2019n ouer was ons pa soms streng, maar ook betrokke en nuuskierig. Sy voorbeeld en onkonvensionele uitkyk was \u2019n groot bron van inspirasie in die opvoedkundige ontwikkeling van sy kinders.<\/p>\n<p>Pa Sampie was \u2019n groot storieverteller. In sy liefde vir woordspel en sy liefde vir skerts het hy sy sagter en ligter kant as \u2019n pa gewys. In my eie ervaring van my Pa as \u2019n ouer is dit veral sy speelsheid en jeugdigheid wat my sal bybly. Van kleins af het ek sy fassinasie met sport gedeel.<\/p>\n<p>Ek wil ook graag innige dank en waardering betuig aan ons pa se boesemvriend van die laaste vyf dekades, Oom Hennie Rossouw. Sy vriendskap het vir ons pa geweldig baie beteken. Tydens die hoogty van Pa Sampie se loopbaan \u2013 en ook in moeilike tye van omstredenheid \u2013 was laatmiddagbesoeke aan die Rossouws in Merrimanlaan altyd vir ons pa \u2019n ankerpunt. Hy het graag sy (soms waagmoedige) idees by Oom Hennie gaan toets. My pa het meesal kalmer, meer oorwo\u00eb en meer besield terug gekeer van \u2019n besoek aan die Rossouws.<\/p>\n<p>Our parents raised five children and had five grandchildren. As part of paying tribute to our parents, I wish to briefly say something about each of them:<\/p>\n<p>Christelle, our eldest sister, worked as a political journalist\u00a0 for many years and is currently pursuing a PhD in Development Studies.<\/p>\n<p>Mari\u00e9 is an economist and works at National Treasury. She and her husband, Johann Kirsten, have two children. Their daughter Nina also studied economics and now works for Price Waterhouse Coopers in Johannesburg. Their son, Gerhard, is enrolled for a Masters Degree in applied mathematics<\/p>\n<p>Our sister Louise and her husband, Bielie van Zyl, farms at Citrusdal. They have two sons: Willem is studying for his Honours in Accountancy and SJ is enrolled for a B.Sc. Agriculture degree.<\/p>\n<p>Carine,\u00a0 the youngest of my four sisters, is an artist and senior lecturer in Jewellery Design at the Visual Arts Department of Stellenbosch University. \u00a0Carine\u2019s son, Sam is now 10 years old. Her partner, Danie Marais, has a daughter, Lea, who is now 9 years old and has become a part of our family.<\/p>\n<p>I\u2019m the youngest of our five children and currently lecture in Philosophy at the University of Fort Hare in the Eastern Cape.<\/p>\n<p>My sisters and I wish to thank a few individuals who played a special part in supporting our dad in recent years:<\/p>\n<p>We\u2019d like to thank Nicky Cilliers, who was employed as my parents\u2019s personal carer for almost three years, for her hard work, dedication and unselfish service. We extend our gratitude to Sweetness George, who assisted our parents with domestic work for almost 15 years.<\/p>\n<p>A warm thank you to hospice sister Yvonne Joubert and my father\u2019s oncologist, Dr Margie Venter, for their wisdom and care which guided my father through his five difficult, last months.<\/p>\n<p>On behalf of my late father, I wish to express gratitude to all his friends and acquaintances, the general public and media for their support and interest in celebrating our father\u2019s memorable life.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>25 Februarie 2018, Endlersaal in Stellenbosch Liewe familie en vriende [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":[],"categories":[29],"tags":[],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/www.ekon.sun.ac.za\/sampieterreblanche\/index.php\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/810"}],"collection":[{"href":"https:\/\/www.ekon.sun.ac.za\/sampieterreblanche\/index.php\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/www.ekon.sun.ac.za\/sampieterreblanche\/index.php\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/www.ekon.sun.ac.za\/sampieterreblanche\/index.php\/wp-json\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/www.ekon.sun.ac.za\/sampieterreblanche\/index.php\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=810"}],"version-history":[{"count":1,"href":"https:\/\/www.ekon.sun.ac.za\/sampieterreblanche\/index.php\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/810\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":811,"href":"https:\/\/www.ekon.sun.ac.za\/sampieterreblanche\/index.php\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/810\/revisions\/811"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/www.ekon.sun.ac.za\/sampieterreblanche\/index.php\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=810"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/www.ekon.sun.ac.za\/sampieterreblanche\/index.php\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=810"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/www.ekon.sun.ac.za\/sampieterreblanche\/index.php\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=810"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}