{"id":754,"date":"2018-04-26T15:02:41","date_gmt":"2018-04-26T15:02:41","guid":{"rendered":"https:\/\/www.ekon.sun.ac.za\/sampieterreblanche\/?p=754"},"modified":"2018-04-30T10:26:10","modified_gmt":"2018-04-30T10:26:10","slug":"eerbewyse-deur-kollegas-met-sampie-se-80ste-verjaardag-in-2013","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/www.ekon.sun.ac.za\/sampieterreblanche\/index.php\/eerbewyse-deur-kollegas-met-sampie-se-80ste-verjaardag-in-2013\/","title":{"rendered":"Eerbewyse deur kollegas met Sampie se 80ste verjaardag in 2013"},"content":{"rendered":"<p><strong>Prof. emeritus Colin McCarthy, kollega in die Stellenbosch Department van Ekonomie<\/strong><\/p>\n<p>Talle ekonome wat op Stellenbosch studeer het, sal dikwels een ding beklemtoon: dis aan Sampie Terreblanche te danke dat hulle besluit het om nagraads met ekonomie verder te gaan. Al het sommiges van hom verskil wat ekonomiese denke betref, het sy entoesiasme as dosent en prikkelende lesings in \u2018n ononderbroke dienstyd van 54 jaar, en sy uitdaging aan studente om krities te dink, nuwe denkw\u00earelde vir hulle oopgemaak. Dis moelik om \u2018n groter kompliment vir die bydrae van \u2018n senior kollega te bedink.<br \/>\nSampie Terreblanche het in 1957 sy M.A. in ekonomie met lof aan die Universiteit van Stellenbosch verwerf, die universiteit waar hy in 1952 as eerstejaar\u2013regsstudent ingeskryf het. Hy het \u2018n pos as dosent in ekonomie aan die Universiteit van die Vrystaat in Bloemfontein aanvaar. Hier het hy tot 1964 klas gegee, eers as lektor en daarna as senior lektor.<br \/>\nIn 1965 is hy met \u2018n aanstelling as senior lektor terug na sy alma mater en in 1968 word hy as professor in ekonomie aangestel, \u2018n pos wat hy tot sy formele aftrede in 1995 beklee het. Maar die klem val hier op \u201cformele\u201d aftrede, want om volledig as dosent uit diens te tree, was vir Sampie en sy kollegas \u2018n vreemde gedagte. As emeritusprofessor het hy \u2018n verdere 15 jaar studente die voordeel van sy voor-en nagraadse lesings gegee. Met so \u2018n lang dienstyd was dit nie ongewoon dat \u2018n grootouer, ouer en kind in sy klas gesit het nie.<br \/>\nDis nie vreemd dat dosente in ekonomie \u2018n tyd in betrekkings buite die akademie deurbring nie. In Sampie Terreblance se geval het dit nie gebeur nie. Hy is en was altyd \u2018n akademikus in murg en been, iemand wat vir die beroep in die wieg gel\u00ea is. Dit sorg nogal vir \u2018n komiese oomblik as jy Sampie in jou verbeelding sou voorstel as \u2018n staatsamptenaar, en dan nog erger, in \u2018n uitvoerende pos in die private sektor.<br \/>\nDuisende oudstudente kan getuig van die geesdrif waarmee Sampie sy lesings dekades lank aangebied het, nie dat almal altyd presies verstaan het wat \u201cin hierdie ondermaanse bestaan\u201d beteken nie. Sy studieveld is ekonomiese geskiedenis, die geskeidenis van ekonomiese denke en ekonomiese stelsels en hierdie velde het hy skerpsinnig aangebied. Dis bekend dat Sampie met \u2018n kritiese oog na die kapitalisme kyk en sy kritiek het hy nog altyd duidelik bekendgemaak. Dit het daartoe gelei dat hy deur sommiges \u2018n \u201csosialis\u201d beskryf is. Daar is niks mee verkeerd om \u2018n sosialis genoem te word as jy wel een is nie, maar in Sampie Terreblanche se geval is so \u2018n benaming misleidend. Die feit dat jy strukturele gebreke in die kapitalistiese stelsel en in markgedrewe ekonomie\u00eb as \u2018n probleem uitwys, soos Sampie konsekwent doen, maak nie van jou \u2018n sosialis nie.<br \/>\nEen ding van Sampie wat sy kollegas altyd opgeval het, was sy vreesloosheid in die gesig van kontroversie en selfs hewige kritiek. In die Departement het ons as kollegas dikwels gedink dat ons in ons doppe sou kruip as so \u2018n polemiese storm rondom ons sou losbars. Maar nie Sampie Terreblanche nie. Soms het ek die indruk gekry dat hy dit selfs geniet, argument teen argument, maar nooit persoonlik nie, in die goeie tradisie van kritiese diskoers.<br \/>\nAan opponente het dit nooit ontbreek nie. Daar was altyd meningsvormers aan die ander kant van die argumentskeidslyn. Wat dit veral interessant gemaak het, was die feit dat Sampie se eie politieke affiliasie en denke oor tyd verander het. Eers was hy stewig in die kamp van Nasionale Party, weliswaar deel van die \u2018verligte spesie\u2019, maar die onreg en onwerkbaarheid van apartheid het hom eers deel van die onafhanklike beweging gemaak en uiteindelik \u2018n stigterslid van die Demokratiese Party. Met verloop van tyd het hy egter \u2018n waarnemer van die politiek in Suid-Afrika geword wat sonder \u2018n party-politieke affiliasie \u2018n kritiese blik op die Suid-Afrikaanse politieke ekonomie gewerp en daaroor geskryf en gepraat het. Na 1994 het \u2018n gedemokratiseerde Suid-Afrika hom steeds as \u2018n \u2018wagter op die mure\u2019 gevind, iemand wat vreesloos die meerderheidsregering se onreg teenoor die arm swart meerderheid en, vir Sampie, die onheilige alliansie tussen die regering en die sake-sektor onder die soeklig geplaas het.<br \/>\nSampie Terreblanche se verandering van politieke denke en affiliasie is ook in sy openbare diens weerspie\u00ebl. As deel van die establishment was hy van 1972 tot 1987 \u2018n lid van die SAUK se Raad en van 1979 to 1985 lid van die regering se Ekonomiese Adviesraad. Sampie was deurgaans \u2018n ywerige en prolifieke briefskrywer wat gereeld in polemieke in Die Burger se meningskolomme betrokke was. Maar die mees sigbare wending in sy politieke denke wat koerante betref, was sy betrokkenheid by Vrye Weekblad, daardie vars bries in die Afrikaanse joernalistiek van destyds. Hy was op die raad van Wending Uitgewery, uitgewer van Vrye Weekblad en het elke twee weke \u2018n rubriek in die koerant, Tuynshuis Monitor, geskryf. Die eens invloedryke lid van die Nasionale Party establishment het sy openbare diens aan die ander kant van die politieke spektrum voortgesit toe hy van van 1991 tot 1996 \u2018n lid was van die Taakgroep oor Ekonomiese Sake van die Raad van Kerke en toe hy in 1997, op versoek, voor die Waarheids \u2013 en Versoeningskommissie getuig het oor die rol van die SAUK, die media en van die sakesektor gedurende die apartheidsjare.<br \/>\nIn die Departement het ons sy politieke wendings en sienings met belangstelling gevolg, synde dan ook baie goed daaroor ingelig tydens teekamer- en kantoorgesprekke. Deur al die jare het ek \u2018n belangrike les geleer. Daar was twee senior professore in die Departement, Jan Sadie en Sampie Terreblanche. Ek het albei goed geken en was deeglik bewus dat hulle oor wesenlike aspekte van die ekonomies-politieke debat verskillende menings gehad het. Maar nooit het ek gehoor dat hulle ernstig verskil en, wat so dikwels in die akademiese w\u00eareld gebeur, mekaar kil en selfs vyandig behandel het nie. Ek kan my nie enige geleentheid herinner dat die een iets negatief teenoor die ander in my teenwoordigheid kwytgeraak het nie.<br \/>\nWat die beste in Sampie na vore gebring het, was toe hy as lid word van die Erika Theron Kommissie (1973-76) &#8211; wat sake rakende die Kleurlingbevolkingsgroep ondersoek het &#8211; en as voorsitter van die Kommissie se Werkgroep oor Ekonomie en Arbeid opgetree het. In die Departement, destyds maar baie klein in dosente-getal, het ons sy entoesiame ervaar en gereeld aangehoor. Vir ons as kollegas was dit duidelik dat die Kommissie se werksaamhede vir Sampie \u2018n intellektuele en politieke waterskeiding was, die eerste, maar belangrike stap om van die ou bedeling in Suid-Afrika afskeid te neem. Ironies genoeg is hierdie belangrike kommissie se werksaamhede gedryf deur die voorsitter van die kommissie, Erika Theron, Professor in Maatskaplike Werk aan die US met haar kantoor aan die westelike kant en Sampie Terreblanche, Professor in Ekonomie met sy kantoor aan die oostelike kant \u2013 en nogal van alle plekke, in die Verwoerd-gebou.<br \/>\nSampie se betrokkenheid in die politieke ekonomie diskoers het natuurlik neerslag gevind in sy lesings. Hierin het hy dikwels duiwelsadvokaat gespeel en soms sommer fiktiewe stories opgemaak om kleur te verleen en kritiese denke te bevorder. Sommige studente het dit nie gesnap nie. In een lesing het Sampie die studente vertel dat hy genooi is om Brasili\u00eb toe te gaan om deel te h\u00ea aan ondersoeke na di\u00e9 land se probleme wat baie soos di\u00e9 van Suid-Afrika was. \u2018n Student, seun van \u2018n prominente kabinetslid, het dit nie gesnap nie, tot latere verleentheid vir Sampie. By \u2018n sosiale geleentheid in Kaapstad het die minister en sy vrou vir Sampie vertel hoe spyt hulle is om te hoor hy verhuis Brasili\u00eb toe!<br \/>\nEen van my aangenaamste herinneringe is \u2018n besoek van \u2018n groep Stellenbosch dosente aan Harare in die laat 1980s. Sampie is ook saam en so ook \u2018n aantal teolo\u00eb. Wat ek spesifiek onthou was Bruce Springsteen se konsert die aand in Harare, \u2018n konsert wat uit protes teen die Suid-Afrikaanse bewind in Zimbabwe gehou is en deur duisende jong Suid-Afrikaners bygewoon is. Ons is die middag na die Kubaanse Ambassade waar ons onder andere op \u2018n mooi manier verduidelik is dat hulle eintlik die Slag van Cuito Cuanavale gewen het. Die geselskap is aangehelp met lekker drankies wat ek dadelik as redelike sterk rum mengeldrankies kon uitken. Die teolo\u00eb het lekker gekuier en is die volgende aand terug vir \u2018n opvolgbesoek. Die organiseerders van ons besoek kon egter \u2018n paar kaartjies na die Springsteen konsert re\u00ebl en ek en \u2018n paar kollegas het besluit ons gaan eerder soontoe, Sampie inkluis. Was ons verbasing groot toe ons op pad konsert toe Sampie hoor vra: \u201cWie is Bruce Sprinsteen?\u201d Ons het die aand baie geniet, Sampie seker by sy eerste en enigste rock konsert.<br \/>\nHy mag nie veel van popmusiek weet nie, maar van sport, veral rugby en krieket, weet Sampie baie. Ek glo nie hy was ooit self \u2018n bedrewe sportman nie, maar sy belangstelling in sport was aansteeklik. Ek herinner my menige Maandagoggende wat hy en kollega Pierre de Villiers indringend die vorige Saterdag se wedstryd van WP bespreek het, en Sampie kon altyd \u2018n akkurate terugskou lewer oor waar dinge reg of verkeerd verloop het.<br \/>\nOp 17 April vier Sampie Terrebalche sy tagtigste verjaarsdag, maar sy vuur is lank nog nie geblus nie. Hy skryf steeds en sal vanjaar sy elfde boek die lig laat sien. Min mense kan hom dit nadoen.<br \/>\n<div class=\"fusion-sep-clear\"><\/div><div class=\"fusion-separator fusion-full-width-sep\" style=\"margin-left: auto;margin-right: auto;width:100%;\"><div class=\"fusion-separator-border sep-single sep-solid\" style=\"border-color:#e0dede;border-top-width:2px;\"><\/div><\/div><div class=\"fusion-sep-clear\"><\/div><\/p>\n<p><strong>Prof. emeritus Willie Esterhuyse, kollega en vriend &#8211; Sampie, my Voltaire-vriend<\/strong><\/p>\n<p>Daar word soms ges\u00ea dat Itali\u00eb die Renaissance en Duitsland die Hervorming gehad het. Frankryk het Voltaire gehad, \u2018n kritikus by uitnemendheid wat die fondasies van die establishment op \u2018n meedo\u00ebnlose en onverskrokke manier ondermyn het om te bepaal of dit stewig en aanvaarbaar was.<br \/>\nEk dink aan Voltaire as ek aan Sampie dink. Suid-Afrika, haar universiteite, geloofsbewegings, skrywers, intellektuele en dies meer het baie kritiese geeste opgelewer. Ons land \u2013 en Stellenbosch \u2013 het ook vir Sampie gehad. Ek ken hom vanaf 1974. Trouens hy en Hennie Rossouw was daarvoor verantwoordelik dat ek en Annemarie \u2018n huis in dieselfde straat as die Terreblanche-gesin gekoop het.<br \/>\nDie sewentigers en veral tagtigerjare was ontstuimige jare in ons land se geskiedenis. In 1976 het die swart jeug van Suid-Afrika in skole en strate met gebalde vuiste, brandende motorbande, stokke en klippe standpunt ingeneem: genoeg is genoeg. Apartheid moet vernietig word. Dit was \u2018n keerpunt. Ek onthou dat ek, hy en Hennie in sy huis in Rowanstraat gesit en praat het. Aldrie van ons was hoogs bekommerd, selfs bedruk. Ons het gewonder: \u201cWat hou die toekoms vir ons kinders in?\u201d.<br \/>\nDit was Sampie wat ges\u00ea het: \u201cWat van die swart mense se kinders? Hulle toekoms? Ons moet iets doen!\u201d.<br \/>\nDi\u00e9 gesprek, en Sampie se vraag \u2013 met \u2018n diep frons op sy voorkop as beklemtoning van die erns van die saak \u2013 was een van die redes waarom ek my jare later by die Stedelike Stigting aangesluit het.<br \/>\nSampie se vraag: \u201cWat van swart mense se kinders?\u201d het my om verskeie redes uiters onrustig gestem. Die belangrikste hiervan was die wete dat die toekoms van my kinders asook die toekoms van my land nie deur koe\u00ebls en kruit bepaal sal word nie, maar deur gehalte skole en gehalte-onderwys.<br \/>\nSampie se grootste bydrae tot my lewe? Vrae wat my maatskaplik-ekonomiese en politiek-morele bewussyn beroer het. My verhoed het om in die web van sekerhede vasgestrengel te raak. Soos wat Voltaire dit ook gedoen het.<\/p>\n<div class=\"fusion-sep-clear\"><\/div><div class=\"fusion-separator fusion-full-width-sep\" style=\"margin-left: auto;margin-right: auto;width:100%;\"><div class=\"fusion-separator-border sep-single sep-solid\" style=\"border-color:#e0dede;border-top-width:2px;\"><\/div><\/div><div class=\"fusion-sep-clear\"><\/div>\n<p><strong><br \/>\nProf. Anton van Niekerk, kollega en vriend<br \/>\n<\/strong><br \/>\nOp 17 April 2013 word Solomon Johannes (Sampie) Terreblance, emeritus professor in ekonomie aan die Universiteit Stellenbosch, 80 jaar oud. Sedert die sewentigerjare van die vorige eeu (dus meer as vyf dekades) is die intellektuele, en veral ekonomiese inskatting van Suid-Afrika se sosio-politieke bestel onvoorstelbaar sonder die volgehoue stem van hierdie herout van die Afrikaner se sosiale gewete. Met goeie reg is die eredoktorsgraad wat hy \u2018n aantal jare gelede van die Universiteit van die Vrystaat ontvang het, die afgelope week opgevolg met nog so \u2018n graad van die Universiteit van Pretoria.<\/p>\n<p>Van die Engelse filosoof Francis Bacon is meermale ges\u00ea dat hy gedien het as \u201cthe trumpeter of his time\u201d. Hoewel Terreblanche op \u2018n heel ander terrein as Bacon sy bydrae gelewer het, bly di\u00e9 uitdrukking by my steek as tiperend van Sampie. Hy was nooit \u2018n aktiewe politikus nie en het nooit \u2018n wet deur die parlement gevoer nie. Maar sy kompromielose stem van protes teen die diepgewortelde, skryende, institusionele ongeregtigheid van Suid-Afrika se sosio-politieke en veral ekonomiese orde het oor die jare getrompetter in die verhaal van ons uiteindelike wegdraai van die waansin van apartheid en in die rigting van \u2018n meer regverdige samelewing.<\/p>\n<p>Nie dat Sampie \u2018n vlekkelose verlede in hierdie verband het nie \u2013 wie, wat wit en ouer as 40 is in hierdie land, het? Gebore op Kroonstad op 17 April 1933 (toevallig die geboortejaar van \u2018n aantal invloedryke Afrikaner-intellektuele), word hy groot op Edenburg en is van huis uit \u2018n produk van die Vrystaat. Hy studeer op Stellenbosch waar hy sy meesters- en doktorsgrade verwerf, en spandeer die akademiese jaar van 1968\/69 te Harvard in die VSA. Hy was vir agt jaar \u2018n dosent in ekonomie aan die Universiteit van die Vrystaat, voordat hy in 1968 permanent op Stellenbosch aangestel is. Met sy aftrede in 1995 was hy die mees senior professor aan die US.<\/p>\n<p>Daarna het nog omtrent 15 jaar van verdere klasgee in \u2018n tydelike hoedanigheid op hom gewag. Dit kan sonder vrees vir teenspraak beweer word dat hy een van die mees geliefde, maar terselfdertyd kontroversi\u00eble, opruiende en moedswillige dosente was wat die US nog ooit opgelewer het. Wat hy doseer het, was die geskiedenis van ekonomiese denke. Daarmee het hy die denke help vorm van \u2018n aantal geslagte studente wat ekonomie aan die US geloop het. Dat hy \u201chulle denke gevorm het\u201d, beteken allermins dat hulle almal met hom saamgestem het. Daar was altyd \u2018n groep in Sampie se klasse wat woedend was vir die wyse waarop hy hulle gevestigde idees uitgedaag het. Maar daarmee het hy juis gedoen wat \u2018n goeie dosent doen: om nie klakkelose napraters te produseer nie, maar mense wat vir hulself leer dink, en wat, ook al het hulle hoe skerp van hierdie uitdagende leermeester verskil, gedwing is om goeie redes te probeer vind vir hul eie posisies. As dosent was en is Sampie \u2018n legende. Dat hy soveel jare na aftrede sy kursus bly aanbied het, wys eenvoudig dat die Ekonomiedepartement op Stellenbosch \u2013 een van die grootstes aan die universiteit \u2013 hom net nie kon laat gaan nie.<\/p>\n<p>Maar Sampie se rol is in \u2018n veel wyer konteks in Suid-Afrika gespeel as bloot in die klaskamer. Ek het hom in 1971 ontmoet as \u2018n matriekseun tydens \u2018n veelbewo\u00eb jeugkongres van SABRA (Die Suid-Afrikaanse Buro vir Rasse-aangeleenthede, \u2018n destyds bekende dink-tenk van die nasionale regering) op Robertson. Die kongres het opspraak verwek vanwe\u00eb \u2018n toespraak van prof. Gerrit Viljoen, toe voorsitter van die Broederbond en rektor van RAU, waarin hy hom sterk uitgespreek het ten gunste van die ondersoek van die idee van \u2018n \u201cKleurlingtuisland\u201d. Die idee het \u2018n vroe\u00eb dood gesterf, mede as gevolg van Terreblance se ernstige en openlike verset daarteen.<\/p>\n<p>Later dieselfde dekade is Terreblanche aangewys as lid van die (Erika) Theronkommissie wat die sosiaal-ekonomiese en politieke posisie van die bruinmense moes ondersoek. Terreblanche het in hierdie kommissie veral naam gemaak as skrywer van die befaamde hoofstuk 22, wat gehandel het oor die ekonomiese posisie van die sogenaamde \u201ckleurlinge\u201d \u2013 wat, in daardie jare (soos op baie plekke vandag steeds) haglik was. Terreblanche knoop sy vlymskerp analises aan die begrip \u201cchroniese gemeenskapsarmoede\u201d \u2013 ook die titel van \u2018n boek van hom wat later verskyn het. Hy beklemtoon hoedat armoede, wat die speerpunt van die immoraliteit van apartheid was, \u2018n ganse gemeenskap in die ban kan slaan en mense se moed en wil om daaruit te breek, hoe langer hoe meer afstomp namate hulle sosiaal gekondisoneer word om arm te wees. Hierdie werk het Terreblance, wat tot in daardie stadium \u2018n lojale Nasionale Partyondersteuner was, in botsing gebring met die eerste minister, mnr BJ Vorster.<\/p>\n<p>Sampie se finale breuk met die NP het gekom na die verklarings wat uitgereik is deur \u201cBesprekingsgroep 85\u201d (wat Sampie gestig het en deurentyd die voorsitter van was, met myself as sekretaris). Die groep het twee ontmoetings met pres. PW Botha gehad. Botha se onversetlikheid oor die kwessie van volle politieke regte vir swartmense in die sentrale regering, sowel as oor die volgehoue aanhouding van Nelson Mandela, het die breuk met die NP onafwendbaar gemaak. Sampie het gevolglik ook \u2018n prominente rol gespeel in die veldtogte van die onafhanklike kandidate (Dennis Worral, Wynand Malan en Esther Lategan) in 1987. Mnr Chris Heunis, \u2018n goeie vriend van Sampie, se naelskraapse oorwinning van 39 stemme in Helderberg teen Worral, het \u2018n onherstelbare stremming op hul verdere vriendskap geplaas. In die laat tagtigerjare is Terreblanche ook genooi om deel te wees van die afvaardiging wat onder leiding van Willie Esterhuyse verkennende samesprekings met die ANC in die buiteland gevoer het, en so die weg help baan het vir die onderhandelinge wat later sou volg.<\/p>\n<p>Sampie se stem in die Suid-Afrikaanse debat het nog sedert daardie jare nooit stil geword nie. Hy is en bly \u2018n kontroversi\u00eble figuur \u2013 nie net wanneer hy klasgee nie, maar veral ookm as hy skryf. Die vernaamste rede daarvoor is sy volgehoue kritiek op die kapitalisme \u2013 die \u201cnarrre ding\u201d, soos hy dit met sy kenmerkende rollende r\u2019e beskryf. \u2018n Sluitstuk van sy analise van die apartheidsbestel is sy idee dat apartheid (veral in die latere fases) intakt gehou is vanwe\u00eb \u2018n bose sameswering met kapitalisme \u2013 ten koste van die armes. Die aanbreek van die nuwe Suid-Afrika het geensins sy kritiese stem uitgedoof nie. Wat hom in sy latere werk teen die bors stuit, is die wyse waarop die nuwe bewindhebbers in Suid-Afrika opnuut gekaap is deur kapitaliste, en dat \u2018n meer regverdige herverdeling van rykdom also verhinder word.<\/p>\n<p>Nie almal stem met hierdie analises saam nie. Maar \u2019n mens kan nie op \u2018n werklik ingeligte manier oor hierdie land se ekonomiese uitdagings dink sonder om jouself deeglik te verantwoord oor Terreblanche se posisie nie. Hy bly \u2018n onontwykbare verwysingspunt in terme waarvan enige ekonomiese analise van die land sigself moet ori\u00ebnteer \u2013 al verskil \u2018n mens inhoudelik hoeveel ook van hom.<\/p>\n<p>Op die persoonlike vlak is Sampie een van die mees onderhoudende geselsers wat ek die voorreg het om te ken. Die rede daarvoor is veral sy ensiklopediese kennis van die geskiedenis en sy vermo\u00eb om beduidende datums en historiese gebeure te onthou. Ek sluit daarom af met die boeiendste verhaal wat hy my ooit vertel het. Hy het naamlik as 16-jarige, vurig-nasionalistiese Voortrekker-verkenner die inwyding van die Voortrekkermonument op 16 Desember 1949 bygewoon, waar dr Malan sy beroemde \u201cQuo vadis?\u201d toespraak gelewer het. Wat egter ten onregte meesal vergeet word, is dat general Smuts, wat 18 maande gelede die verkiesing verloor het, n\u00e1 dr. Malan gepraat het. Smuts is uiters disrespekvol deur \u2018n groot groep in die gehoor (\u2018n kwartmiljoen mense) behandel; mense het naamlik in groot getalle begin padgee en uitloop, smalend sodat hy (Smuts) dit duidelik kon sien. Die seremoniemeester, dr EG Jansen, moes, om die situasie te probeer red, die mikrofoon in \u2018n stadium by Smuts neem en \u2018n beroep op die mense doen om nie almal te loop nie, \u201canders sal daar niemand oorbly om na my te luister as ek die bedankings later moet doen nie\u201d!<\/p>\n<p>Sampie vertel dan dat as jy vandag weer daardie toespraak van Smuts lees, en jou o\u00eb toemaak, is dit asof jy vir FW de Klerk in die 90er jare hoor: \u201ckom ons soek die dinge wat ons verbind, en nie wat ons skei nie; kom ons begin \u2018n groot indaba oor die toekoms\u201d, ensovoorts.<\/p>\n<p>\u201cJa\u201d, sug Sampie dan,\u201ds\u00ea nou net Smuts het in 1948 gewen. Hoe sou Suid-Afrika vandag gelyk het\u2026?\u201d<br \/>\n<div class=\"fusion-sep-clear\"><\/div><div class=\"fusion-separator fusion-full-width-sep\" style=\"margin-left: auto;margin-right: auto;width:100%;\"><div class=\"fusion-separator-border sep-single sep-solid\" style=\"border-color:#e0dede;border-top-width:2px;\"><\/div><\/div><div class=\"fusion-sep-clear\"><\/div><\/p>\n<p><strong>Prof. emeritus Lourens du Plessis, regskollega en vriend<br \/>\n<\/strong><br \/>\nEk het Sampie leer ken tydens my twee dekades as regsprofessor op Stellenbosch, vanaf 1987 tot 2011. Anders as \u2018n skaar van bevoorregte studente oor baie jare, kan ek nie op my CV skryf dat di\u00e9 legendariese professor my onderrig het of dat ek onder sy leiding nagraads studeer het nie. Hy is \u2018n leermeester oor wie en met wie studente maklik kommunikeer en as jy hom eers aan die gesels kry oor sake van die dag of kwessies wat hom na aan die hart l\u00ea (en by Sampie is daar nie juis \u2018n verskil tussen die twee nie) sit hy nie maklik \u2018n wag voor sy mond nie. Ek onthou byvoorbeeld \u2018n geleentheid waar hy \u2018n groep buitengewoon begaafde, besoekende Amerikaanse studente aan sy lippe laat hang het met sy goed gemotiveerde diagnoses van die akute en chroniese mankemente van liberale kapitalisme. Sampie is die een wat (onopsetlik en onwetend) my as \u2018n reeds relatief gevestigde akademikus gehelp het om die laaste konseptuele hindernisse op die pad na sosiaal-demokratiese denke te oorkom. In die o\u00eb van baie is hy \u2018n \u201cboerekommunis\u201d. Vir my is hy \u2018n baie gesofistikeerde analis \u2013 met \u2018n passie vir en besorgdheid oor die lot van sy agtergestelde landgenote en ander lydendes w\u00eareldwyd.<br \/>\nAlmal wat Sampie ken, weet hoe ekspressief en driftig hy soms kan word. Ek onthou \u2018n keer waar hy voor \u2018n gehoor verwys het na die \u201ckruipende armoede\u201d wat besig was om die \u201cgaloppende armoede\u201d te word \u2013 en soos dikwels met Sampie het sy hele liggaam saamgepraat sonder om op \u2018n nar-agtige manier sy waardigheid te kompromitteer.<br \/>\nSampie is \u2018n entoesiastiese gespreksgenoot en waar hy aan \u2018n eettafel \u2018n gas is, kan niemand ooit van verveling kla nie. Gesprekke met Sampie is konstruktief. Selfs sy grappe is nie sommer maar net snaaks nie maar is deurdrenk van slim humor.<br \/>\nSampie het \u2018n benydenswaardig lewendige en lewenskragtige historiese geheue. Mens sien dit onder meer in sy vermo\u00eb om, dag en datum, gebeurtenisse van weleer akkuraat te herroep en persoonlikhede wat nie meer met ons is nie te laat herleef. So skep hy \u2018n konteks wat ons help om die geskiedenis van \u2018n eie leefw\u00eareld wat ons maak (en nog moet maak) beter te begryp en te antisipeer. Ek het ho\u00eb agting vir Sampie as historikus en ek glo dat sy belangstelling in die politiek sterk aangewakker word deur sy vaardighede en voorliefdes as historikus.<br \/>\nEk het op \u2018n Stellenbosch aangekom in die tydvak waarin op politieke gebied die \u201cverligtes\u201d en die \u201coorbeligtes\u201d die strydbyle aan\u2019t begrawe was. Van die detail van die (politieke) botsings tussen verligte nasionaliste wat geneem het die Nasionale Party-regering kan en moet \u201cvan binne\u201d hervorm word en die oorbeligtes wat \u2018n demokrasie met gelyke regte vir almal voorgestaan het, weet ek hoofsaaklik van hoors\u00ea.<br \/>\nDie verligtes was jarelank die leidende politieke establishment in Stellenbosch met Sampie Terreblanche, toe nog \u2018n stoere nasionalis, as een van die leidende figure in hierdie geledere. Die oorbeligtes het, anders as die verligtes, nie die oor van belangrike persoonlikhede in die regering gehad nie.<br \/>\nDie verhaal van hoedat in die verkiesing van 1987 prominente figure uit verligte en oorbeligte geledere in Stellenbosch besluit het om hande te vat om die sittende NP volksraadslid te probeer ontsetel, is algemeen bekend. Dit was in hierdie periode wat Sampie sy bande met die Nasionale Party establishment verbreek het. Soos sy geaardheid is, het hy hierdie oorgang geesdriftig en met oortuiging gemaak en sterk morele moed aan die dag gel\u00ea. Ek het hom by verskillende geleenthede in die openbaar en in privaatgesprekke hoor s\u00ea \u2013 en hy doen dit nou nog \u2013 dat sy politieke keuses en optrede vir baie jare lank fundamenteel verkeerd was en dat sy o\u00eb nodig gehad het om oop te gaan om werklik te kon raaksien hoedat sy mededaderskap aan apartheid miljoene landgenote benadeel.<br \/>\nSampie, die boetvaardige, is egter nie \u2018n goedkoop sentimentalis nie. Altyd sal sy ywer vir die saak van \u2018n regverdiger Suid-Afrika en w\u00eareld d\u00edt wat hy s\u00ea en dink inspireer, en sy luisteraars tot aksie aanspoor. Dit is \u2018n voorreg om so \u2018n vriend te h\u00ea en sy tagtigste verjaardag saam met hom te kan herdenk!<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Prof. emeritus Colin McCarthy, kollega in die Stellenbosch Department van [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":755,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":[],"categories":[29],"tags":[],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/www.ekon.sun.ac.za\/sampieterreblanche\/index.php\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/754"}],"collection":[{"href":"https:\/\/www.ekon.sun.ac.za\/sampieterreblanche\/index.php\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/www.ekon.sun.ac.za\/sampieterreblanche\/index.php\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/www.ekon.sun.ac.za\/sampieterreblanche\/index.php\/wp-json\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/www.ekon.sun.ac.za\/sampieterreblanche\/index.php\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=754"}],"version-history":[{"count":6,"href":"https:\/\/www.ekon.sun.ac.za\/sampieterreblanche\/index.php\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/754\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":769,"href":"https:\/\/www.ekon.sun.ac.za\/sampieterreblanche\/index.php\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/754\/revisions\/769"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/www.ekon.sun.ac.za\/sampieterreblanche\/index.php\/wp-json\/wp\/v2\/media\/755"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/www.ekon.sun.ac.za\/sampieterreblanche\/index.php\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=754"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/www.ekon.sun.ac.za\/sampieterreblanche\/index.php\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=754"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/www.ekon.sun.ac.za\/sampieterreblanche\/index.php\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=754"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}